Die Saak van Uitkoms

Afrikaans – ChineseEnglishFrenchSpanish

Waar is ons, wat doen ons, en aan wie behoort ons, in die Naam van die Here Jesus Christus? Word Christus werklik in die huidige kerk stelsels van vandag aanbid, of is dit ‘n ander Jesus? Hierdie papier roep enige en elke kerkganger tot rekening, en konfronteer een met sy of haar louwarm geestelike toestand wat, terwyl groot dinge deur valse leiers belowe word, veroordeel is in die oë van God, geen miskiens, geen uitsonderings nie.

Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.” (II Korinthiërs 6:17, 18).

“Vertrek, vertrek, gaan weg daarvandaan, raak nie aan wat onrein is nie; gaan uit hulle midde uit [Babilon]; reinig julle, draers van die heilige voorwerpe van die Here” (Jesaja 52:11).

“En ek het ‘n ander stem uit die Hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, My volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Openbaring 18:4).

“Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie” (Psalms 26:5).

“Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie” (Psalms 26: 9).

Maar kom die Moeder van die hoere, Verborgenheid, die Groot Babilon en haar dogters en sê: “en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie…” (Hebreërs 10:25).

Die mense bedink nie die dinge van God nie, maar die dinge van die mens.

Die laaste Skrif is die troetel vers wat die verpersoonliking van valse godsdiens gebruik as ‘n wapen, as regverdiging vir haar hoererye. Dit is die verskoning wat gebruik word deur alle godsdienstige sondaars en owerspelers, deur blinde, self-soekende dwase wat God nie liefhet nie, maar hulself en plesier liefhet. Dit is die verskoning wat dikwels gebruik word in voorwendsel om God te dien, om die gewete te salf, terwyl gesoek word na sosiale voordele, speletjies te speel, en te week in die lof van die mense. Terwyl dit ‘n gesonde en Godgegewe aanmaning en vermaning is, word dit dikvellig verkeerdelik toegepas deur die valses wat graag hul koninkryke wil bou in die Naam van Jesus Christus, en wie voorgee om Sy Koninkryk te bevorder. Die volk wil dit liefs so hê, want hulle bedink nie die dinge van God nie, maar die dinge van die mense.

“Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie. Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God” (Johannes 12:42-43).

Is dit nie die rede waarom mense nie uit die kerk stelsels wil kom nie? Hulle wil hul eie ding doen, met ander wat ook hul eie ding wil doen. Almal doen dus sy eie ding. Maar die groter sonde by die voormalige is dat hulle almal dit doen in die Naam van die Here Jesus Christus, Hom aanbid met hulle lippe, terwyl hulle harte ver van Hom af is.

God vereis gehoorsaamheid, en plaasvervanger werke is heeltemal gruwelik vir Hom. Toe koning Saul vasbeslote was om vir die Here op te offer wat hy moes vernietig, het Samuel hom nie net bestraf nie, maar vir hom gesê dat sy salwing klaar was, dat God hom as koning van Israel verwerp het (1 Samuel 15: 22-23).

Koring, kom uit; kom uit sodat julle nie verteer word nie.

Skares offer aan God, dit wat hulle moet vernietig. Die Here wil egter nie offerande en opofferings hê nie; Hy soek gehoorsaamheid. Die kerke en hul stelsels bied gruwels aan Hom op, ter denke dat hulle Hom diens en eerbied aandoen, maar Hy het nooit vir kerkdienste gevra nie. Hy het nooit gevra vir kerkgebou projekte, vir enige vorm van spandabelrigheid, vir formaliteit, seremonie, ritueel of verfynde kleding nie. In plaas daarvan, het Hy gesê, “Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie. Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie” (Amos 5:21-22).

Heiliges moet nie byeenkoms versuim nie, natuurlik nie; maar met wie? Ons moet ons onderlinge byeenkoms nie versuim nie. Daar is regverdig vergadering en onregverdige vergadering:

“Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwehulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My” (Hosea 7:14).

“Ag, het ek in die woestyn maar ‘n herberg vir reisigers gehad! Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af wegtrek; want hulle is almal owerspelers, ‘n hoop ontroue mense” (Jeremia 9:2).

Ons moet nie dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie. Soos dit sê:

“Watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?” (II Korinthiërs 6:14-16)

Koring bymekaar met koring en nie met kaf nie… tensy die koring met die kaf versamel en verbrand wil word. Baie vergader, en doen so in die Here se Naam, maar hulle vergader nie deur die Here nie. So het die koring en kaf saam grootgeword, soos deur die Here toegelaat is. Nou moet daar ʼn skeiding wees.

Koring, kom uit; kom uit sodat julle nie verteer word nie. Word versamel vir die Here en nie vir mense nie, nie vir Satan nie. Doen God se wil en nie jou eie nie. Sekerlik word die plesiere van Egipte begeer en geniet deur die vleeslike mens, maar wil jy nie weet dat die vleeslike mens veroordeel is nie? Wil jy nie met Moses saamstem, dat dit beter is om getel te word met die Here en Sy volk, as met die mens nie? Word die skatte van die hemel nie oneindig meer waardevoller beskou as dié van Egipte nie (Hebreërs 11: 24-26)? Is dit nie beter om met die Here buite die stad op die aarde te ly nie, sodat ons in die stad van God in die Hemel kan kom (Hebreërs 13:12-14)?

God vertel jou om uit te kom – maar nee, jy weet beter.

Jy kan nie jou koek eet en dit ook hê nie. Jy is óf versamel met die koring of die kaf. Passiviste sal uitgedryf word in die buitenste duisternis waar daar geween en gekners van tande is. Draadsitters en bylêers vergaan. Die dubbelhartige man ontvang niks van God nie. Dit is net diegene wat tot die einde toe deurdruk wat gered word, diegene wat hulle met die Here Jesus identifiseer hier op aarde, “wat onder hulle uitkom,” en nie sover, selfs die onrein ding aan raak nie.

Dit word dikwels gesê dat, wanneer ons na die Hemel gaan, ons almal een sal wees- nie meer etikette of denominasies nie. Maar Jesus het gebid, “U wil geskied op die aarde net soos in die Hemel.” Hoe is dit dan, dink jy dat jy partydigheid kan ondersteun hier op aarde as Jesus Christus anders wil hê? As jy nie Sy wil hier en nou doen soos Hy dit vereis nie, hoe kan jy hoop om guns met Hom te vind? Sal jy nie as onwaardig gereken word nie?

As jy die eer van die mense meer liefhet as die eer van God, sal jy nie deur Hom ontvang word nie. Jy mislei jouself. Jesus het ook gesê, “Hy wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook voor die Vader bely. Hy wat My voor die mense verloën, hom sal Ek verloën voor die Vader. ”

“Aha,” sê jy, “dit is die punt. Dit is hoekom ek kerk toe gaan! Ek gaan om gemeenskap te hê met, en om ‘n getuie te wees, vir ander! Ek gaan om uit te reik, sowel as om die Here te aanbid.” Voorwaar sê ek vir julle dat julle die offerande van Koning Saul offer.

Ek hoor die geblêr van skape en ‘n gebulk van beeste in die agtergrond (lees 1 Samuel 15). Jou “gehoorsaamheid” is, in der waarheid, rebellie en heksery. God vertel jou om uit te kom – maar nee, jy weet beter, jy gaan om die skape te red vir ‘n offer aan die Here. Jou eiesinnigheid is soos boosheid en afgodery. Skynheilige! Jy aanbid die Here met jou lippe, maar in jou hart doen jy wat jy dink die beste is.

“En elkeen het gedoen wat reg was in sy oë” (Rigters).

Die “kerke” van hierdie wêreld is nie die ware uitgeroepenes nie.

Jy is geensins in staat om uit te reik na ander nie. Jy dink baie van jouself asof jy van waarde is vir die Here. Jy is daar, in daardie stelsels egter, om jouself te verhef en nie vir Hom nie. Hoe kan jy ‘n getuie vir Hom wees wanneer Hy nie met jou is nie, want jy is nie met Hom nie? Dit is tyd vir jou om te oorweeg dat ‘n balk uit jou oog verwyder moet word voordat jy kan begin om “uit te reik.”

Ek het gepraat met sommige vir wie God uitgeroep het. Hulle het gebly in hul kerke met hul vriende en familie en het gesterf, of was nooit gegee om te leef nie, omdat hulle ongehoorsaam was.

(Terloops, die Kerk is saamgestel uit die uitgeroepenes – die woord “kerk” of “ekklesia,” wat beteken “gemeente van die uitverkorenes.”)

Die sigbare, aanvaarde, erkende “kerke” van hierdie wêreld is nie die ware uitgeroepenes nie. Hulle is van die wêreld en die wêreld luister na hulle en het hulle lief. Hulle sien geen vervolging nie. Mense praat goed van hulle. Luister nou na my: Hulle is nie uitgeroep deur God nie, maar ingeroep deur mense.

Hulle leiers is nie geroep van God nie, maar aangestel en opgelei deur mense. Hul ordeninge is van hierdie wêreld en nie van die Hemel nie. Soek die Skrif en jy sal nie een man van God vind wat sistematiese studie onderneem vir ‘n bepaalde tydperk, en ‘n soort van graad of diploma ontvang nie. Nie een man van God is op ‘n salaris gesit nie. Nie een man van God was “Dominee” genoem nie, Jesus het gesê dat ons niemand “Vader” moet noem nie (Matthew 23:8-10). Nie een man van God het in ʼn denominasie gedien nie – nie een was ‘n Fariseër, Sadduseër, Skrifgeleerde, Esseen of enige ander sekte nie. Paulus die apostel spreek denominasionalisme direk aan (1 Korinthiërs 1:12-15). Al die mense van God was en is uitgeroep, en hulle het gekom en kom van buite:

“En die kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees; en hy was in die woestyne tot op die dag van sy vertoning aan Israel” (Lukas 1:80).

Jy bly in godsdiens omdat jy lief is vir Mammon.

Die Seun van God Self was nie van enige sekte of van die priesterskap of van die heersers nie, veral nie van die Sanhedrin nie. Hy was van buite en so is al diegene wat Syne is en wie Hom gehoorsaam.

Jy wil egter jou sonde, jou welluste, aanvaarding van mense, pret, en sosiale voordele soos besigheids kontakte, kliënte, netwerke, en geld – Mammon hou. Jy bly in godsdiens omdat jy lief is vir Mammon, die geskape dinge waaroor geld krag het. Jy wil behoort, en dit is so maklik om te behoort aan eens-gesinde mense.

“Krap my rug en ek sal joue krap; jy ignoreer my sondes en tekorte en ek sal dieselfde vir jou doen.” So maklik om te behoort, om te sit in ‘n bank, luister na een man vir ‘n uur of twee per week, in die agterkant van iemand se kop vas te staar, en dit gemeenskap in die Here noem . Dit is so wonderlik om geroer te wees (as jy is) en om jou ore gekielie, jou sakdoek benat, jou gedagtes vermaak, en jou gewete gestreeld te hê. So maklik!

Paul en Jesaja, aangehaal in die eerste verse in hierdie skrif, het albei gesê “raak nie aan wat onrein is nie.” As een dit so ver as, aanraak, is hy onrein geag, skuldig, en is uitgeroei uit die volk van God (Levitikus 5:2 en 7:21). Steeds neem die selfaangestelde ridders in blink wapenrusting vir die Here, aan om te bly en “uit te reik,” ongehoorsamend aan God, terwyl hulle beweer om Hom te dien. Nie net raak hulle die onreine aan nie, maar onderdompel hulself daarin.

“Jesus het geëet en gedrink saam met die sondaars!” antwoord jy. Sê vir my, het Hy met hulle in afgodstempels geassosieer? Het Hy as ‘n lid by hul organisasies aangesluit? Het Hy voortdurend dieselfde sondaars besoek en “gemeenskap gehou” met hulle? Het Hy “verhoudinge opgebou”? Nee. Jou argumente het nie net ‘n hol klank aan hulle nie, hulle is heeltemal onwaar en dwaas.

As jy “ja” op enige van die bogenoemde vrae geantwoord het, weet jy niks van die Here of van Sy weë af nie, en skryf jy aan Hom die weë van die vleeslike mens toe, ‘n vleeslike geregtigheid waarmee Hy niks te doen het nie, en wat Antichris is. Die Here se weë is heeltemal anders en bewys jy hoeveel die hoer jou verdraai het. Die blaam lê egter nie met die hoer nie, maar met jou, want jy het haar weë gekies vir jou plesier. Dus, is jy die hoer. Soos Paulus geskryf het:

“Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie! Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees”(I Korinthiërs 6:15-16).

“Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van U lippe die paaie van die geweldenaar vermy” (Psalm 17:4).

Jy het gelewe om jou vlees te bevredig eerder as om die Almagtige God te gehoorsaam.

Nogtans, sê jy, “Maar ons is nie in afgodstempels nie. Ons aanbid nie antieke gode – Diana, Baäl of Astarte nie! Ons is in die Christelike Kerk, aanbid die ware God!” My antwoord aan jou is dat jy die antieke gode aanbid, wat nie so oud is soos wat jy dink nie, en jy aanbid hulle in die Naam van die Here Jesus Christus. Jy skryf hul eienskappe aan Hom toe, maar Hy is glad nie soos wat jy dink nie.

In die kerk stelsels oral, word ander Jesusse aanbid en ander evangelies verkondig, en jy ken nie die verskil nie; niemand het jou al ooit anders vertel nie, en tot nou toe het jy gelewe om jou vlees te bevredig, eerder as om die Almagtige God te gehoorsaam. Verwyder die glans van jou oë, word wakker uit jou doodslaap, staar die werklikheid in die gesig, kies die regte, reinig julself van die afgode en buitensporige hartstogte en vlug van hoerery.

Moenie soos die losloper honde wees nie, ontlas, urineer en paar waar ookal hulle kies. Hulle dwaal rond vir afval om te eet en is nooit werklik tevrede nie. Wat hulle eet, braak hulle weer op en eet dit, verwag van ander om deel te neem met hulle, vind ander om so te doen.

Die aanbidding van God is die mees onnatuurlike ding wat daar is.

Die Here het wette van aanbidding. Hy kies die tyd, die plek, die geselskap en die wyse. Jy, volgens algemene onkunde, dink jy kan God op enige plek en op enige manier wat jy kies aanbid. Hoe dwaas! Hoe arrogant!

Dink daaraan! Sedert wanneer het jy die reg of die wysheid om aan te voer hoe om jou Skepper te aanbid? Hierop is die Skrif duidelik: Jy moet uitvind wat God spesifiek vereis voor geheel en al geoffer en aanbid word, maar veral voordat dit gedoen word volgens die voorskrifte en dwase opvattings van mense. Anders, bring jy verdoemenis oor jou hoof.

Daar was ‘n plek en ‘n manier wat God gekies het vir Abraham om Isak te offer. In die mees heilige plek moes slagoffers geëet word deur die priesters. Hulle was slegs aangebied in sekere wyse en plekke en tye. Soos dit sê:

“…Dan moet julle na die plek wat die Here julle God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel…. Neem jou in ag dat jy jou brandoffers nie bring op elke plek wat jy sien nie…. Maar jy moet dit eet voor die aangesig van die Here jou God op die plek wat die Here jou God sal uitkies…” (Deuteronomium 12).

Al hierdie dinge was spesifieke opdrag van die Here, maar die mens dink hy kan doen wat hy wil. Nogtans, dink hy is hy nou “onder die genade en alles is onder die bloed.” Hy dink hy weet. Hy dink dat aanbidding van God “natuurlik kom.” Ek het nuus vir hom. Die aanbidding van God is die mees onnatuurlike ding wat daar is. Trouens, die Skrif leer dat die natuurlike teenstrydig is met God en moet weggemaak word om sodoende God waarlik te aanbid; dus, die kruis.

Julle mense wat daar buite aanbid. Waar? Hoe? Hoekom? Jy kan nie aanbid op die voor-kruisiging kant van die kruis nie, in die wêreld, in die bevrediging en gerief van die vlees en vleeslike denke nie. Om te aanbid in gees en waarheid, moet jy sterf. Daar is geen ander manier nie.

Kies jy jou eie manier, is jy ‘n dief en ʼn rower en, alhoewel jy jou pad tot in die fees kan vind, sal jy buite gewerp word omdat jy “nie ‘n bruilofskleed aanhet nie” (Mattheus 22:11). Alhoewel jy “Here, Here” sê, moenie dink dat jy hiervoor aanvaar sal word nie (Mattheus 7:23). Omdat jy kerk toe gaan en beweer om weer gebore te wees, moenie dink dat die Here jou moet ontvang nie. Alhoewel jy baie oorreed het om kerk toe te kom en om geloof in Christus te bely, moenie dink dat dit jou in goeie stand sal plaas met Hom nie.

In Babilon is die bloed gevind van almal wat op die aarde gedood is.

Wie is Verborgenheid, die Groot Babilon?

In Babilon is die bloedvan profete en heiliges gevind, en van almal wat op die aarde gedood is, sê Johannes in Openbaring 18:24. Wie is sy?

Die Katolieke Kerk is nie verantwoordelik vir al die vermoordes voordat dit bestaan het nie (al is dit verantwoordelik vir baie sterftes oor baie eeue). Daarom is dit nie Babilon, per-sé nie. Die Verenigde State van Amerika het nie ver genoeg terug in die geskiedenis bestaan, om verantwoordelik te wees vir almal wat op die aarde gedood is nie. Daarom is dit nie Babilon, per-sé nie. Weereens, in Babilon was die bloed gevind van almal wat op die aarde gedood is.

Babilon was in Eden toe valsheid voorgestel was. Kain het geoffer in die gees van Babilon en het die eerste moordenaar geword. Toe Jesus met die Jode gespreek het, het Hy gesê dat al die regverdige bloed wat vergiet was, van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, op hulle sou wees.

As die bloed van almal wat op die aarde gedood is, gevind is in Babilon, dan was sy daar in Jesus se dag en terug na Abel. So wie is sy? Ek sal jou vertel wie sy is. Luister, want in alle waarskynlikheid is jy in die bed saam met haar en is dus verantwoordelik vir al die genoemde bloed – van profete, heiliges en almal wat op die aarde gedood is, hoewel dit moontlik is dat jy jouself dink om ‘n ware aanbidder van God te wees deur die Here Jesus Christus.

Haar prys? Jou lewe!

Die woord “Babilon” beteken “verwarring,” gewortel in ‘n woord wat beteken “om oor te loop” of “om te meng,” om te “voer, salf, verwar, vervaag, meng.” Beskryf dit nie wat die vleeslike mens in sy kerk stelsels is nie? Daar is groot verwarring; baie duisende denominasies weerspreek almal mekaar, skei hulself van mekaar, almal het iets anders te sê (“dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet” – Spreuke 5:6) en elkeen eis om meer van die waarheid te hê as enige ander groep, indien nie beweer om die hele waarheid te hê nie. Hulle gee hulself name om die publiek te beïndruk en basuin hulle geregtigheid wêreldwyd, indien moontlik. Hulle meng, verwar, vervaag, verbyster en verydel waarheid met dwalleer, lig met die duisternis, goed met sleg.

Hulle salf ook. Daar is “gesalfde” predikers wat “gesalfde” boodskappe preek aan gehore wat kom om hul ore gekielie te hê, en om vermaak te word. Babilon is een pragtige vrou, kragtig, indrukwekkend, “goddelik” en gegewe op een of ander manier, al haar onderwerpe, om te presteer en gereken te word. Sy is alles wat daar is om bewonder en begeer te word op die aarde, en het die mag om dieselfde oor te dra aan diegene wat met haar verenig. Haar prys? Jou lewe! Soos dit sê, “Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe” (Spreuke 5:5).

“Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie. Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is. Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood” (Spreuke 7:24-27).

Hierdie aansienlike, pragtige vrou is nie die gewone straat prostituut nie, maar dit is dieselfde vrou, beskryf in Openbaring, hoofstukke 17, 18 en 19.

Dit was die godsdienstige Kain wat sy broer vermoor het. Let daarop dat Kain sy offer aan die Here, die God van die hele skepping geoffer het, en nie aan ‘n afgod of vals god nie. Dit was die Jode in al hul godsdienstigheid wat die profete en heiliges vermoor het. Dit was nie die gewone volke of die heidene wat dit gedoen het nie. Dit was die godsdienstiges wat Jesus en Jakobus en Stéfanus vermoor het. Dit was die godsdienstiges wat Paulus en die vroeë Christene vervolg, hulle van stad tot stad agtervolg, gestenig, geslaan en gesel het. Uiteindelik het hulle hul weg gekry met Paulus; hulle het hom aan die Romeine oorhandig, en het hom laat onthoof.

Verborgenheid, die Groot Babilon, die Moeder van die hoere, is niemand anders as valse godsdiens, vermom as die ware nie. Wat is die ware? Die ware is die aanbidding in gees en waarheid van die Here Jesus Christus. Die valse gee voor om dit te doen, en dus het ons die “Christelike” kerke, sowel as enige ander godsdiens wat voorgee om God te aanbid, maar ontken die Seun van God kom in die vlees: Wie is God (en Hy kom altyd, in wolke, vroeër of later).

Jy is sterwend en dood. Jy ly die vrug van jou handelinge.

Hierdie hoer is die owerspeelster wat alles wat heilig en suiwer is vervals. Sy neem die dinge van God en verkwis dit op haar slagoffers. Lees alles oor haar in Spreuke 2:16-19; al hoofstuk 5; 6:24-26; al hoofstuk 7; 9:13-18. Spreek hierdie gedeeltes slegs van die straat prostituut? Glad nie. Lees reël vir reël en jy sal vind, as God dit toelaat, dat, hoewel nie al hierdie eienskappe van toepassing is op ‘n fisiese hoer nie, hulle van toepassing is op die huidige kerk stelsels. Die fisiese hoer beeld egter gepas die hoer kerk uit.

Gelowige, kom uit Babilon uit! Bekeer jou, skei van alle vreemde gode, en verwerp alles wat naby en kosbaar aan jou is ter wille van Christus. Jy is sterwend en dood. Jy ly die vrug van jou handelinge. Hoekom is daar siekte en dood in jou midde, in jou familie, en onder jou metgeselle? Hoekom is daar finansiële verlies, stres, en mislukking? Hoekom ly jy egskeiding, verwarring, en onbeantwoorde gebed asof daar geen God is nie? Dink jy dit is omdat die Here jou geloof toets? Nee; Dit is omdat jy sondig.

Jy hoor nie die stem van die Here nie. Hoekom nie? Is dit omdat Hy nie meer vandag spreek nie? Nee. Sy skape luister na Sy stem en Hy spreek nog altyd. Jou sondes staan egter tussen jou en God, sodat Hy jou nie wil hoor nie, ewemin nog met jou spreek.

Maar ek kom in Sy Naam, deur Sy wil, as Sy mond, om met jou te praat en om jou te waarsku. Ek kom om jou te roep uit die bed wat jy gemaak het, of wat gemaak is vir jou deur die hoer. Plegtig sê ek vir jou, tensy jy na my stem luister, en uitkom uit die hoer kerk stelsel, sal jy in jou sondes sterwe. Jy, as jy in ‘n kerkstelsel is, is die hoer. Jy is besonderlik ‘n lid van haar liggaam (I Korinthiërs 6:13-20). Bekeer jou.

Ek moet sê dat dit nie so eenvoudig is soos om op te hou kerk gaan, en al die gepaardgaande aktiwiteite nie. Bekering van sonde is van kardinale belang. Jy kan uit die valse kerk uitkom en nog baie van die valse kerk binne jou hê. Dit is jou sonde wat jou in die eerste plek in die bed met die hoer geplaas het.

Dit is die sonde van soeke na plesier, soeke na heerlikheid, van die vervulling van die begeertes van jou vlees wat jou daar hou, of in ‘n kerk of nie. Dit is die liefde van geld en sosiale voordeel, lof van die mense, van sekuriteit in iets anders as God, in die Naam van God, wat jou in ballingskap gelei het. Dit is die ontkenning van geregtigheid, barmhartigheid en nederigheid wat kettings om jou nek, hande en voete geplaas het. Dit is om agter die gesig aan te gaan wat jou oë uitgehaal het. Lees Is Your Profession of Faith Vain, Christian?

Tog vir al hierdie, as jy sal berou hê, as jy vir hom, wie deur God gestuur is sê, “Geseënd is u wat kom in die Naam van die Here,” en berou hê om so te kon sê vir die hoer se boodskappers, wat beweer om te kom in die Naam van die Here, en jou onderwerp en gehoorsaam wees, en sê: “Here, wat wil U hê moet ek doen?” Miskien dan sal die Here Hom ontferm en red en herstel. “Miskien dan,” sê ek, want daar is ‘n tyd soos “te laat” (lees Spreuke 1:24-33). Dit sal bo twyfel bekend wees of Hy genade sal hê. Ons sal weet. Hy spreek en maak bekend wat noodsaaklik is.

Weet dat God Sy boodskappers stuur, Sy gesag in die mens.

“Maar,” protesteer jy, “As ek my kerk verlaat, waarheen sal ek gaan?” Iemand het eenkeer vir my gevra: “As jy nie kerk toe gaan nie, waar word jy gevoed?” My antwoord was reguit van die Here, onbepland. “Die Herder voed my!” het ek gesê.

Waarheen sal jy gaan? Na die Here, dit is waarheen. Na die Here! Kom en sluit aan by diegene wat met die Here wandel. Sluit jouself aan by Sy mense wat geroepe en uitverkore is van Hom. Ek kom in Sy Naam om jou te roep uit die handelinge van die mens, die paaie van die geweldenaar.

Hoe sal jy weet of ek van God is? As jy God se wil doen, sal jy weet. Bekeer jou van jou sondes. As God aan jou genade gee, sal jy weet dat dit wat ek sê waar is, selfs nog voordat ek spreek. Die Vader sal reeds voor my gegaan het, deur met jou te werk; Hy sal met jou en met my wees as ek met jou spreek, en sal dit aan jou, na my, bekend maak dat dit wat ek gesê het, waar is. Dit is die Here se werk, nie myne nie; dit is die genade van God.

Waar is die Here? Met Sy mense. Soos Moses met sy mense, die Here se mense ïdentifiseer was (Hebreërs 11:24-26), moet jy ook uit Babel kom, uit Egipte, en identifiseer met Sy mense – buite die stad, buite die laer, in die woestyn. Aanbid op die berg Gerísim waar dit rof is, nie op die berg Ebal waar dit glad is nie.

Moenie dit goed genoeg dinkom uit die kerk stelsels te wees nie. Ek het met baie gepraat wat uitgekom het as gevolg van bitterheid, sinisme of ongeloof, maar nog steeds daarby hou dat hulle die Here aanbid. Hulle besiel dit alleen, en sê: “Ons sal dat God, en nie ‘n mens ons leer nie.”

Weet dat God Sy boodskappers stuur, Sy gesag in mense om oor en in die Kerk, Sy ware liggaam te heers, waar ookal sy lede mag wees. Soos dit sê, “Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie…. Maar jy moet dit eet voor die aangesig van die Herejou God op die plek wat die Here jou God sal uitkies…. Neem jou in ag dat jy die Leviet [dienaars van God] nie aan sy lot oorlaat solank as jy in jou land lewe nie”(Deuteronomium 12). Lees The Big Lie Exposed.

Ook, het ek gevind dat, alhoewel daar baie die kerk stelsels verlaat, hulle net so godsdienstig is as dié in daardie stelsels, want hulle bring die “kerk” met hulle. Hulle bring al die diaboliese leerstellings, houdings, valse idees en praktyke van die hoer saam met hulle. Hulle het van geen beter geweet nie, en dus ly hulle nog steeds die gevolge, of hulle amptelike lede van ‘n kerk stelsel is of nie. Hulle moet hulle aan God se gesag onderwerp, soos bepaal deur Hom en nie deur hulle nie.

Weereens moet die hoer uit ons uitkom, meer as wat ons nodig het om uit die hoer te kom. Bekering van sonde is waaroor dit alles gaan. Dit is ongelooflik hoe oë oopgaan wanneer ‘n mens berou hê en elke sonde bely, veral sekere geheime. Die las is gelig en die siel is dankbaar, jubelend.

Hulle het vriende terwyl ek vyande het. Maar ek is nie alleen nie.

Moenie respek hê aan die groot, magtige, die prominente, die ryke, die indrukwekkende, en die beroemde van hierdie wêreld nie. Verstaan dat dit die swakke, die dwase, die basiese en wie verag word in die wêreld, wie God kies om die wêreld te verwar en Homself te verheerlik. Kies die kruis en jy sal die kroon hê. Kies die kroon en jy sal die kruis hê, maar nie die een van Christus nie. Wat hoog geag word onder die mense is ‘n gruwel voor God. Bedink die dinge van God, en nie die dinge van die mense nie. Het die lewe lief, kies die lewe. Bekeer julle en kom uit!

Daar is baie mense in die kerk stelsels, die vertoonde liggaam van die hoer, wat verklaar dat hulle die waarheid wil hê. Toe ek nogtans met hulle spreek, glo hulle nie, en het hulle ook nie tyd vir my gehad nie. Hulle sou veel eerder uitgaan om na ‘n fliek te kyk, hulself vermaak, en agter plesier aan hardloop in die naam van ” verhoudings bou ” of “gemeenskap te hê” met eensgesinde “gelowiges”, wat sê, maar nie doen nie, wat die Here aanbid met hul lippe, maar hulle hart is ver van Hom.

Hierdie mense noem my ‘n kultus, ‘n kranksinnige, ‘n fanatikus, ‘n ketter, en ‘n valse profeet. Dit kom nie by hulle op dat dit die ware profete was wat in die koue oorgebly en verstoot was deur die hoofstroom godsdiens nie, ja, gestenig, en erg vervolg en gehaat. Dinge het nie verander nie, en hulle lag terwyl ek hartseer en verdriet dra. Hulle het vriende terwyl ek vyande het. Maar ek is nie alleen nie.

Ek sal jou vertel hoe ʼn ernstige saak dit is om die hoer uit te kom, uit die onreine:

“…het die siel van Jónatan verkleef geraak aan die siel van Dawid, en Jónatan het hom liefgekry soos sy eie siel” (I Samuel 18:1). Jonathan was die seun van koning Saul van Israel. Daar het ‘n tyd gekom toe Saul probeer het om Dawid dood te maak. Jonathan het probeer om Dawid te verdedig en het hom gewaarsku teen sy vader se bedoelings. David is gedwing om na die woestyn te vlug.

Die twee vriende het in smart afskeid geneem, Jonathan bly agter saam met sy vader. In die woestyn, het uitgeworpenes by David aangesluit, die “verloorders” van Israel. Daar was die benoudes, die verskuldiges, en die verbitterdes (I Samuel 22:1-2). Deur die voorsiening van God, het hierdie die kruis met Dawid gedeel; Jonathan het met die kroon agtergebly, selfs terwyl hy dalk nog geglo het dat Dawid een dag die troon sou bestyg.

Dit het tot stand gekom dat Dawid gekroon was as Koning van Israel en van Juda, en hierdie partygenote wat saam met hom gely het in die woestyn, het saam met hom geregeer op die ou end. Maar wat het met Jonathan gebeur? Hy het op die slagveld met sy pa gesterf. ‘n Mens kan sê dat hy edel was, ‘n pligsgetroue seun en ‘n deugsame man, wie gesimpatiseer het met Dawid en wie na sy verantwoordelikhede omgesien het. Maar hy het saam met die goddelose gesterf, as die goddelose. Hy het nie uitgekom nie. Lees Commitment.

“Wat van Ananías en Saffira in Handelinge?”

Jy dink jy kan lighartig in kerke woon, jou eie plesier doen en die toorn van God ontsnap? Selfs nou is daar diegene onder julle wat baie dinge ly, want die toorn van God is op die hoer – op jou en op diegene met jou.

“Aha,” sê jy, “maar die toorn van God was die Ou Testament. Glo jy nie in dispensasionalisme nie? God is nou ‘n God van liefde!” Ek sê Hy was nog altyd. Hy was nog altyd, en is ook ‘n God van toorn. Het Jesus nie in die Nuwe Testament gesê, “daardie agtien op wie die toring van Silóam geval en hulle gedood het, dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon? Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. (Lukas 13:4-5).

“Jesus het hierdie dinge gesê voordat Hy gesterf het,” word dit in protes gesê, asof God se houding of natuur verander het na die kruis. “Wat van Ananías en Saffira in Handelinge?” Vra ek. Hulle was nie verplig om hul grond te verkoop nie, maar hulle het dit verkoop. Hulle was nie verplig om die opbrengs na die apostels te bring nie, maar hulle het ‘n gedeelte daarvan vrylik met die Kerk gedeel. Hulle het egter van dit teruggehou, en vir die apostels gelieg deur te sê hulle het alles gebring.

Wat was die optrede van hierdie “nuut veranderde God” (volgens die moderne teësprekers wie hul sondes liefhet)? Het Petrus goedgunstig, met bejammering geglimlag en gesê, “Seën julle, volk! God verstaan dat ons almal sondaars is, maar Christus het net om hierdie rede gesterf. Moenie bekommerd wees hieroor nie. Ons kerk is die regmatige tuiste vir geveinsdes. Probeer om volgende keer beter te doen”? Nee. Nie net was daar nie so iets nie, daar was nie eens ‘n geleentheid vir die egpaar om te bely en te berou nie! God het hulle onmiddellik gedood.

Sterk woorde? Feite, mense. Het Hy hierdie dinge gedoen om almal goed te laat voel, soos dit lyk hierdie moderne kerkgangers dink die prioriteit is, en wat pastore en predikers in hierdie kerke so ywerig soek om te bereik vir hul “kleinvee”? Nee.

“En ‘n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het,” is in Handelinge 5:11 gesê. God het bedoel om ‘n bietjie skrik te maak en Hy het geweet hoe om dit te doen. Word nugter, geveinsdes, speletjiespelers, kinders wat met die dinge van God speel. Hy het oë en ore, het jy nie geweet nie? En Hy lag nie. Hy is nie by die flieks met jou nie. Hy versamel nie mense om hulself te geniet nie.

“Dispensasionalisme” is ‘n groot verskoningswoord vir sondaars wat God in ‘n ander tyd plaas om hulle sondes aan te hang, en die Here en Sy wil te diskrediteer, wanneer hulle nie in staat is, in hul onkunde, om toepaslike Skrif te vind om die werk te doen, en hulself regverdig te stel voor die mense nie.

Hy het ‘n “lang gesig” gehad om julle ontwil, en julle bespot Hom daarvoor.

Sê vir my, pret liefhebbers, julle baie wat sê, “God wil hê dat ons ‘n bietjie pret moet hê, Hy wil hê ons moet onsself geniet en nie om heeltyd met lang gesigte rond te gaan nie,” waar in die hele Bybel het jy so ‘n idee gekry? Jy neem so heftig voor om na die Bybel as jou gids te kyk. Probeer myne lees.

Joue vernietig jou so ewe wonderbaarlik terwyl jy jou leuens geniet. Jy is so baie onkundig oor myne, en opsetlik so. Soos vir die lang gesigte, het ons nie gekies om rond te gaan met ‘n lang gesigte nie, en so ook nie die Here nie. Hoe dikwels praat die Skrif van Jesus en Sy dissipels wat na die teater gaan, perdry, swem in die see van Galiléa, bergklim op die berg Hermon, kampeer en trek in die woestyn vir buitelug avontuur, uit eet in restaurante, en partytjie hou?

Dwase! Blinde, opsetlike, owerspelige, skynheilige dwase! Sy feeste was bekend as somber feeste en as daar vrolikheid was, was dit nooit in die wêreld nie, en ek bedoel nooit.

“Maar Jesus het vir ons gesterf om ons vry te maak!” keer jy. Miskien het jou Jesus dit gedoen, maar myne het beslis nie gesterf sodat ek deur die begeerlikhede van my vlees as ‘n dwaas sal lewe nie. In Sy dood, het die Here Jesus Christus, die Here, waarna EK luister en gehoorsaam, deur Sy genade, die vlees met sy begeerlikhede gekruisig, sodat ek in Hom kan lewe in nugterheid, in alle soberheid, waarheid en geregtigheid in alle heiligheid.

Jy egter, vermy en verag die kruis, klou vas aan die wêreld, en regverdig jouself deur jou strewe en praktyk van prêt, die wil van God te noem. Owerspelers en owerspeelsters! Hy was ‘n Man van smarte, bekend met krankheid as gevolg van jou weë en gedagtes, en nie om jou daarin te regverdig nie. Hy het ‘n lang gesig gehad om jou ontwil, en jy bespot Hom daarvoor, daarin bespot jy Sy broers daarvoor, wat ook lang gesigte ly ter wille van Hom.

‘n Dag kom wanneer die lagters sal ween en die huilers sal lag. Bekeer julle.

Diegene wat “eredienste” hou om goed te voel, en diegene wat na hulle gaan om goed te voel, is hoereerders wat sal sterf met die vleis nog in hulle mond (Númeri 11, Psalms 78:17-31). Die vleis is die kennis en leer wat jy uit die kansels ontvang, wat jy dink jou laat groei. Dit veroorsaak sekerlik dat jy groei – jy raak opgeblase, arrogant, onbeskaamd, self-regverdig, en selfversekerd.

Terwyl jy dink jy groei in genade en in die krag van die Here, groei jy werklik in die karakter van Satan homself, skyn kunsmatige lig, swart lig, kom so deugsaam en vroom voor, net soos hy kom as ‘n engel van lig. Jy mag die voorkoms van godsaligheid en die kop-kennis hê, maar jy verloën die krag daarvan (2 Timoteus 3:5), want jy begeer vleis, en verag die Brood uit die Hemel. Jy is altyd lerend, en kom nooit tot die kennis van die waarheid nie, onkundig in die Skrif wat jy bely om te glo.

Aan Wie behoort wraak?

Nog ‘n voorbeeld van iets wat die Here na die kruis gedoen het, in teenstelling met die valse idee dat Hy verander het: Neem kennis van die stad Jerusalem binne ‘n paar dekades van Christus en Sy kruisiging. Toe generaal Titus van Rome die stad beleër, was duisende in hongersnood, was in die oorlog gedood en gekruisig rondom die stadsmure; soveel so dat dit berig was dat daar geen bome was vir groot afstande nie, almal van hulle gebruik vir kruise. Daar was so baie kruise, ‘n mens kon skaars rondom die stad loop. “Laat Sy bloed op ons en op ons kinders wees,” het hulle uitgeroep by die kruisiging van die Here, en so was dit. Dink jy nie dit was die Here se toedoen nie? Hy het die gebeurtenis voorspel:

“En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is…. Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word” (Lukas 21:20-22).

Wie se wraak? Aan Wie behoort wraak?:

“Want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here” (Romeine 12:19).

Regdeur die Skrif, is God die Een wat die swaard, die hongersnood en die pes stuur. Dit is Hy wat nasies en konings verhoog en hulle neerwerp. Dit is God wat al hierdie dinge doen. “Geen toorn meer nie”? Dink jy Hy is nou die slapperige, sag-emosionele, verdraagsaam-met-die-kwaad, liefdevolle God wat alles oorsien. Jy wens!

Ek weet hoekom jy wens om anders te glo. Jy wil jou sondes behou; jy kan die gedagte om geoordeel te word nie verdra nie, en so ontken jy dat daar so ‘n Wese is Wie jou in verantwoording kan of gaan bring. Ek is nie jammer om jou teleur te stel nie. Ek waarsku jou gewilliglik.

God het vir my gesê om die godsdienstige werke van die mens te verlaat wat Sy mense doodmaak.

Wat van al die oorloë, hongersnode, aardbewings en pessiektes deur die geskiedenis, en selfs nou? Is dit die Duiwel wat verantwoordelik is in die Nuwe Testament en daarna, terwyl God verantwoordelik en in beheer was in die Ou? Nee. God is in beheer, en Hy was altyd en sal altyd wees.

“God doen dit nie, Hy laat dit net toe,” sê jy. As jy by my deur inloop en my seun begin om jou skene verwoed te skop en ek hou hom nie in toom nie, sal jy nie vir my verantwoordelik hou nie? As die skoen aan die ander voet was, sou ek jou beslis verantwoordelik gehou het. Die hele skepping is God se turf; Hy is verantwoordelik. Dit is Hy Wie Satan stuur om Sy gebod te doen, nie andersom nie. Hy het Satan gestuur om met Job te handel. Hy is in beheer, heeltemal en volledig.

“Raak nie,” sê die Skrif, “moenie eens aanraak wat onrein is nie.” Baie jare gelede het God vir my gesê om al die godsdienstige werke van die mens, wat Sy volk en almal anders wat betrokke is, doodmaak, te verlaat asof ek mis agterlaat. Vir God is dit mis; het Paul nie gesê dat dit mis was nie (Filippense 3:4-8 KJV)? Ek het dit nie daardie tyd so gesien, so goed soos wat ek nou doen nie. Bekeer julle en kom uit.

ʼn Paar skrifte om mee af te sluit:

“Moenie dwaal nie; slegte gesprekke (kameraadskap) bederf goeie sedes” (I Korinthiërs 15:33).

“Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg” (Spreuke 13:20).

“Wie die wet bewaar, is ‘n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande” (Spreuke 28: 7).

“‘n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur” (Spreuke 29:3).

“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie” (Psalms 1:1).

“En laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie…” (Hebreërs 10:25).

Die ware Bruid sal geopenbaar word op die hakke van die valse wat blootgestel word.

Kinders van God, kom uit en vergader met God en Sy volk. Die stad Babilon is die vervalste van die Nuwe Jerusalem. Sy sal in ‘n uur val en jy met haar, as jy nie sal berou nie.

Die mense van God sal vertel word: “Verbly jou oor haar, o Hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het”(Openbaring 18:20). Die werkers van ongeregtigheid, wat almal wie die waarheid in Christus liefhet, bespot en laster, sal gestil word. Die skynheiliges sal verwyder word, die kaf saamgebind en verbrand; boosheid vir eens en vir altyd weggemaak word.

Julle seuns van die towenares sal nie meer Verborgenheid en julleself sien sit as ‘n koningin nie, nie as ‘n weduwee nie, verwagtend geen droefheid nie (Openbaring 18:7). Maar die ware Bruid sal geopenbaar word op die hakke van die valse wat blootgestel word, en die ware sal verheerlik word met haar Bruidegom.

Ek verwonder my aan die duisternis en vermetelheid van die goddelose. Hulle spot en grynslag; hulle vervolg en koggel; hulle praat kwaad van diegene wie die Here na hulle stuur, en neem voor om beter te verstaan. As gevolg van hul getalle, is ek verkeerd en hulle is reg. As gevolg van die voortreflikes met wie hulle gemeenskap hou, is ek verkeerd en hulle is reg. Omdat hulle met professore van Christus is, is ek verkeerd en hulle is reg. Omdat hulle professore van Christus is, is ek verkeerd en hulle is reg.

Omdat hul pastore hulle vertel dat ek verkeerd is, is ek verkeerd en hulle is reg. Omdat hulle in, en ek uit is, is ek verkeerd en hulle is reg. Omdat hul leiers “bestemd” is en ek nie, is ek verkeerd en hulle is reg. Omdat hulle hul sondes lief het, is ek verkeerd en hulle is reg.

Omdat ek die valse kritiseer en woede uiter teen die leuens wat verkondig en beoefen word in die naam van Waarheid; omdat ek “veroordelend” is en onaangename, maar toepaslike waarheid praat; omdat ek nie met hulle wil hardloop nie (1 Petrus 4:3-5); omdat ek nie in die sag-emosionele houding wandel waarin lede van die hoer so geoefend in is nie; omdat hulle dink ek veroordeel die ware, nie die valse nie, waarin hulle mislei is om te glo waar is, is ek verkeerd en hulle is reg.

Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God (Johannes 12:43). Bekeer julle. Kom uit en raak nie aan wat onrein is nie en julle sal Sy seuns en dogters wees, en Hy sal julle Vader wees. Hy sal julle vergewe, genees en reinig.

Jy sal die begeertes van jou hart toegestaan word as jy jou weë aan Hom toe-eien, en jy sal in vrede, veiligheid, en voorspoed woon. Hierdie dinge sê ek vir diegene wat Syne is, en nie aan die kaf nie. Diegene wie Syne is, sal gegee word om uit te kom, maar die kaf is bestem vir vernietiging.

Hy ken die wat Syne is. God het genade oor Sy volk. Ons is absoluut behoeftig daaraan; almal van ons het verdien om vernietig te word.

Victor Hafichuk

Vertaal in Afrikaans deur Henk Lendor
Translated into Afrikaans by Henk Lendor

Klik HIER vir alle artikels beskikbaar in Afrikaans.