Afrikaans – English – Spanish
“Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie Myne nie, maar van Hom wat My gestuur het. As iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.” (Johannes 7:16-17).
Slaan oor na Ons Verklaring van Leer
Oor “Geloofsverklarings”
Tot nou toe het ons nie ‘n "geloofsverklaring" geplaas nie, vir ‘n paar redes:
Een, "geloofsverklarings" is verkeerd genoem; hulle het hoegenaamd niks met geloof te doen nie. Hulle is eerder verklarings van leer (gewoonlik van godsdienstige verwantskap) wat dikwels partydigheid afsmeer. "Ons glo dit en dat, so ons is die en daardie …" of "Ons is Baptiste, so ons glo …."
Twee, min indien enige "geloofsverklarings" sê dit alles, en diegene wat veel sê, leerstellig, sê niks oor die geloof van diegene wat dit plaas nie, behalwe oor hul gebrek daarvan. Een meld nie die ware geloof van Christus nie, hy leef dit. Die rede dat daar sogenaamde geloofsverklarings is, is omdat diegene wat dit publiseer nie ware geloof het nie, en dus nie die verskil tussen lering en geloof ken nie.
Drie, ons vermoed daar diegene sal wees wat ons vooroordeel met ‘n leerstellige verklaring en hulself dus onreg aandoen, en hulself beroof van die inhoud wat ons aanbied, omdat hulle op die leerstellige titels of stellings fokus.
Vier, baie plaas hul geloof, nie in Jesus Christus nie, maar in vermoedelik Bybelse of godsdienstige leerstellings, sommige oor Hom, sommige nie – inderdaad veel taamlik in teenstelling met Hom. Daar is baie wat glo dat as hulle sekere leerstellings glo, hulle guns by God het. Niks kan verder van die waarheid af wees nie.
Die Fariseërs het baie akkurate Bybelse leerstellings volgens die letter gehad. Hulle het in een God geglo, die komende Messias, die gesag van die Skrif, die Wet van Moses, die opstanding en die hiernamaals, en die bestaan van engele; hulle het bymekaargekom vir onderrig en gemeenskap, die Skrif bestudeer, tiendes betaal, gevas, aalmoese gegee, gebid, getuig aan ander, onderskei tussen rein en onrein vleis, en het die Sabbat en die Sabbat feeste onderhou.
Die blêrende gebrek aan geloof verklaar deur hul lewens, ewenwel, het egter enige aanspraak van die waarheid heeltemal uitgedryf, maak nie saak hoe akkuraat of vervolmaak die leerstellings nie. Hulle vrugte het dit als gesê. En toe die Messias gekom het, het hulle Hom nie net nie herken of ontvang nie, hulle het Hom as ‘n lasteraar en ‘n ketter vermoor. Om sout in die wonde te vryf, het hulle daarop aangedring dat die Romeine wegmaak met hul Messia’s se lyk, sodat hulle nie die Pasga verontreinig wat hulle regtelik voorberei het om te hou volgens die Wet, in die Naam van God nie. So wat goed het hul "geloofsverklaringʺ hulle of enigiemand anders gedoen?
Vyf, ons hele webwerf verklaar wat ons glo; ons leer is oral in ons webwerf, ten volle beskikbaar vir opregte navorsers. Terwyl daar baie is wat dit vir hulle uitgespel wil hê, erken ons dat as hulle na die waarheid soek, sal hulle ‘n geestelike getuienis ontvang of ons leer van die mens is of van God. Diegene wat ‘n leerstellige verklaring eis is foutvinders, op die ergste, of net op soek na ooreenkoms met hul eie leerstellings en miskien ‘n bietjie assosiasie met eensgesinde mense. In sulke gevalle, dien hulle hulleself bewustelik of andersins; hulle is nie agter die waarheid aan nie en het nie die Here Jesus Christus lief soos hulle verklaar nie.
Aan die ander kant, kan ‘n verklaring van leerstellige oortuigings veel goed doen, wat ookal die bedoeling van die leser. Dit kan ‘n hulpbron vir die gesonde leer wees, ‘n handige manier om te ontdek en toegang te hê tot dit waarin een mag belangstel om van te leer.
Diegene wie se motiewe onsuiwer is moet ook die waarheid hoor. Hoe anders sal hulle geoordeel word? Ons sien dit nou as ‘n goeie ding, hoe dit ookal sy. Laat diegene wat op die Steen struikel val, en laat diegene op wie die Steen val verpoeier word. Indien enige ons uiterlik sou oordeel, doen hulle so tot hul eie nadeel, maar diegene wat met die geloofsoog gaan, met ‘n ywerige hart vir die waarheid, en volhard buiten aansiens, sal grootliks geseën word.
Daar! Ons het reeds ons "geloofsverklaring" en verklaring van leer begin.
Nou voortgesit:
Ons Verklaring van Leer
(Skakels beskikbaar vir meer inligting)
Ons glo:
- In die Een en enigste God Wie is, was, en altyd sal wees. (Here Is the Way It Is)
- God het alles geskape soos hulle is, soos berig in die Boek van Genesis, sonder die hulp van ‘n mitiese, en heeltemal belaglike, “evolusie.” (Evolution)
- God het die mens na Sy beeld geskape, maar die mens het onder die bose gekom deur te kies wat hy wou hê en wat hy gedink het die beste is. Dit is sonde. (Iniquity)
- God het euwel geskep as ‘n nodige ervaring vir die mens se geestelike opvoeding en perfeksie. (The Purpose of Evil)
- Die mensdom word gevange gehou deur sy gekose onafhanklikheid en interpretasie van reg en verkeerd. Hy kan nie sy interne staat of die gevolge daarvan verander nie en moet deur ‘n Mag groter as homself gered word. (How One Is Saved)
- Niemand kan kies om aan God verbonde te word nie, want mens is ‘n slaaf van sonde, en geen slaaf het vrye wil nie. Slegs God se wil is vry, en hy benuttig dit deur te roep en te kies wie Hy wil. (The False and Misleading Gospel of “Accepting” Jesus Christ & Whose Will Is Free?)
- God sal alle mense in harmonie met Homself bring, elke persoon in sy of haar eie orde, regdeur die komende tydperke, deur elkeen ‘n verhouding met Hom deur geloof te gee. (The Restitution of All Things & What Is Faith?)
- Niemand kom na God as God nie daardie persoon trek en ‘n verhouding bevestig met Sy gawe van geloof, en Sy genade (krag) in staat stel om die sonde te verwerp en Sy Wet te onderhou nie. (Grace – The Reality & Law and Grace)
- Om mensdom volkome (volledig) te red, het God, op die bepaalde tyd in die mens se geskiedenis, menslike vorm aangeneem, deur middel van ‘n maagdelike geboorte, in die Persoon van Jesus Christus. Jesus Christus is God, Wie in hierdie wêreld gekom en as ‘n mens gelewe het, behalwe dat Hy goddelik en sondeloos was, die unieke Seun van God Wie alleen in staat was om versoening vir ons sondes te doen en ons met God te verbind, en ons te verlos van ons toestand van vyandskap met Hom. (Jesus Christ Is God & How Jesus Christ Connects Us to God)
- Deur nie die sondige natuur van die gevalle mens te hê nie, het Jesus Christus volkome gehoorsaamheid tot God geleer in die dae van Sy vlees, en so die weg gebaan vir diegene wie in Hom glo om soortgelyke krag van genade te verkry. In die toestand van Adam voor die val, het Hy die versoeking weerstaan en vir ons almal oorkom. (Could Jesus Christ Have Sinned? & Grace – The Reality)
- In Sy volmaaktheid, het Jesus Christus Sy lewe neergelê om alle mense hulle sondes te vergewe. Deur Homself uit die dood op te wek na drie nagte en drie dae in die graf, het Hy die weg na volmaaktheid sonder sonde, beskikbaar gestel vir diegene wie in Hom glo en Sy Gees ontvang. (The Baptism in the Holy Spirit, Imperfection Tries to Argue Against Perfection, & Diabolical Doctrine: It’s Impossible Not to Sin)
- ʼn Mens hoef nie skoon te wees om na God te kom nie; hy moet na God kom om skoon gemaak te word. Om dit te doen, moet ‘n mens bereid wees om ‘n man van God te ontvang, sy sondes te bely, en gehoorsaam wat ookal vereis word. (Holy Waters)
- Ware geloof produseer vrugte aanvaarbaar vir God. (Devils Also Believe in God & Is Your Profession of Faith Vain, Christian?)
- Satan is ‘n bedrieër wie God se werke vervals, wie soos ‘n engel van lig kom. God het hom geskape as ‘n teëstander van die heiliges, ‘n middelaar wat help met die sif en verwerking van die mensdom. (Satan’s Strategies & Diabolical Doctrine: Satan Was Once a Good Being)
- God is oor beide goed en kwaad, en gebruik die bose om die mensdom te oordeel. Sy oordeel dien as teregwysing, en wanneer dit voltooi is, sal almal leer dat om te wandel in onafhanklikheid van God en ongehoorsaamheid aan Hom (boosheid) nie betaal nie; Inteendeel, dit is die dood en hel. (The Purpose of Evil, The Sons of Correction, Iniquity, & Obedience)
- Die Bybel, beide die Ou en Nuwe Testament, is die een ware, gesaghebbende boek, geskryf en saamgestel deur God, wat die gebeure voorspel en beskryf wat ons wys Wie God is, hoe Hy is, en Sy handelinge met die mens om hulle te oordeel en te bevry. (Will the Real Bible Please Stand Up? & God and Violence)
- Daar is geen enkele perfekte vertaling van die Bybel nie, en buitendien, het die mens met ‘n paar van die Bybelse tekste gepeuter. Die enigste manier om die Bybel te ken of te verstaan is deur die Gees van God en deur predikers wat deur God gestuur word, wie die Woord begryp en onderig in Sy Gees. (How We View and Use the Scriptures & Is the KJV the Perfect Word of God?)
- Baie is mislei om te dink dat hulle God aanbid, wanneer hulle in werklikheid die Bybel aanbid. God word nie omvat binne twee leer omslae nie. Diegene wie anders dink is Bybeliste. Die geskrewe Woord van God is nie die Woord van God Wie vlees geword het nie. (False Christianity Unmasked & Bible Worship Used by Men to Cover Evil)
- "Die getuienis van Jesus is die gees van die profesie" (Openbaring 19:10). Daarom is die Bybel nie die enigste manier vir onderwysing in geregtigheid nie. Oor die eeue heen, het baie mense van God gespreek en geskryf soos geïnspireer deur die Heilige Gees. (Sien korrespondensies in Blog Wars & The Issues of Life vir voorbeelde hiervan vandag.)
- God is nêrens te vinde in enige formele godsdienstige groep of organisasie nie, en was nog nooit nie. Hul einste formaliteit en struktuur vertel dat hulle Hom al ‘n lang tyd gelede verstoot, of Hom nooit geken het nie. (The Church & Counterfeit Christianity)
- Hierdie werke word gepas in die Skrif genoem, die "paaie van die geweldenaar," die "handelinge van die mens," die "hoogtes" en die "poorte van die hel." (The High Places, The True Marks of a Cult, & Diabolical Doctrines)
- God roep Sy mense om uit hierdie werke uit te kom, dat hulle deur Hom ontvang kan word, om te wees waar Hy is. (Die Saak van Uitkoms & The Gathering)
- Jesus het gesê: "My skape luister na My stem." Ons hoor van God, wat nie dieselfde is as om die Bybel, die geskrewe Woord van God te lees nie, alhoewel ons dit lees en dit ons opbou. (His Sheep Hear His Voice & Diabolical Doctrine: Believers No Longer Hear God’s Voice)
- Valse godsdiens is die breë pad wat na die verderf lei. Die pad wat na die lewe lei, is smal, deur die Here Jesus Christus en Sy kruis. "Ek is die Weg …." (How One Is Saved, Here Is the Way It Is, Only the Death Sentence Will Avail, The Narrow vs. the Wide Way, & God Revealed in Christ)
- Die Wet van God (die Tien Gebooie) is nie mee weg gedoen nie, en sal nooit wees nie. Dit is bedoel om vervul te word, en kan net wees deur die lewe en krag van Christus, die genade van God, in almal wie glo. (Law and Grace, The Necessity for Both Law and Grace, Grace – The Reality, & The Devilish Notion that Grace Is Freedom to Sin)
- Die Sabbat (Vierde Gebod), wat God geheilig en vir die mens gemaak het as die dag van rus, is die sewende dag, beginnend Vrydag aand en eindig Saterdag aand. Dit is God se gawe aan die mensdom, en elke brokkie so toepaslik vandag as die ander nege Gebooie. Die Sabbat is ook ‘n voorstelling van die geestelike rus wat God gee aan al diegene wie deur middel van Hom oorkóm. (The Sabbath)
- Die drie jaarlikse feeste – Pasga, Pinkster en Tabernakels – voorheen gehou in die fisiese tempel van God met hande gemaak, word nou in Christus, die ewige Tempel van God nie met hande gemaak, gehou deur Sy Gees. God het bevestig dat Hy die Feeste vervul het deur weg te doen met die fisiese Tempel en al die uiterlike waarnemings. (The Three Degrees, Victor Hafichuk’s Testimony, & The Feast-Keeping that Is Sin)
- Pasga –Berou; terugdraai na God en die ontvangs van die vergifnis van sondes deur Jesus Christus en te vertrou in Sy geregtigheid. (Repentance)
- Pinkster – Doop in Christus se Gees, die Gees van God, of die Heilige Gees, en in vuur; om gereinig te word in God se oordeel wat Sy kinders suiwer. (The Baptism in the Holy Spirit & Receiving the Spirit of God – Not a Salvation Issue?)
- Die gawes van die Gees, wat hoofsaaklik gegee is aan diegene wie Pinkster ervaar, is nog steeds geldig en help in die geestelike groei en herlewing van die kinders van God, totdat hulle opgroei in Christus, om volmaak te wees soos ons Hemelse Vader volmaak is.(Diabolical Doctrine: The Gifts of the Holy Spirit Are Not for Today & Imperfection Tries to Argue Against Perfection)
- Tabernakels – Die doel van God se oordeel en werk deur Sy Gees, wat Christus gevorm in jou is, God het in die vlees gekom om met die mensdom te wandel. Dit word ook die "rus van God" genoem (Hebreërs 4). (Poem – The Rest of God & Victor Hafichuk’s Testimony)
- Diegene wat in Christus gedoop is en in gehoorsaamheid in die geloof voortgaan is lede van Sy liggaam en maak Sy een ware Kerk op, wat onsigbaar vir die wêreld is. ‘n Mens kan nie kies om by Sy Kerk aan te sluit nie, slegs God kan besluit om jou tot Homself te verbind deur Christus. (The Church, The Gathering, & Unity: Here and Now in the Assembly of the Firstborn)
- Nie alle lede van die liggaam het dieselfde posisie of status nie, alhoewel hulle dieselfde Lewe deel in die eenheid van die doel en aanbidding van God in gees en waarheid. (Submission According to God & Diabolical Doctrine: All Believers Have Equal Authority and Status)
- God stel mans (nooit vroue oor mans) as ministers en herders aan om Sy volk te lei en Sy belange te verteenwoordig. (The Big Lie Exposed, Here Is the Way It Is, Diabolical Doctrine: Women are Ministers of God in Spiritual Authority over Men)
- God se ministers het die kruis opgeneem en verkondig dit, wat die persoonlike vereiste van God vir elke individu voorstel, bo, buiten, en soms blykbaar selfs teenstrydig met, die Gebooie. Die kruis adresseer die afgode van die hart wat ʼn persoon van God skei, en is noodsaaklik vir redding. (Obedience & Only the Death Sentence Will Avail)
- Manne van God onderrig in leerstellings wat deur God aan hulle geopenbaar is, en nie hul eie opinies of die leringe van mense nie. Diegene wat van God is sal na hulle luister. (Opinion, The Truth of God Is Not an Opinion, & Diabolical Doctrines)
- Die drie-eenheid is ‘n mensgemaakte brousel, ‘n "verduideliking" van die Persoon van God wat vals, verbysterd en verwarrend is. "Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE" (Deuteronomium 6:4 AOV). (Diabolical Doctrine: The Trinity (God Is Three Persons), The Asininity of the Trinity, & Jesus Christ Is God)
- God tree altyd in die hede op. Die werke van die mens probeer om dit wat God in die verlede gedoen het te dupliseer (indien selfs dit), maar Hy is lewend en werk opnuut in dié wat glo, gebou op die Fondament wat Hy gelê het. Soos ‘n boom lewend is en groei, so ook die Huis en werk van God. (Here Is the Way It Is)
- Waterdoop is ‘n ding van die verlede. Nou dat Christus opgewek en na hoogtes opgevaar het, doop Hy in Sy Gees, en gee aan diegene wie Hy kies die substansie van wat waterdoop gesimboliseer. Gelowiges wie met Sy dood ïdentifiseer ervaar ook die krag van Sy opstanding, en is dit nie meer nodig vir hierdie skaduwee seremonie nie. (Water Baptism & The Baptism in the Holy Spirit)
- Die godsdienstige vakansies van die wêreld – Kersfees en Paasfees – en verjaarsdae is nie van God nie. Hy het nooit daaraan gedink of dit ingestel nie. Hulle dien nie ‘n goeie doel nie, behalwe om onopregte en valse gelowiges te verstrik en te oordeel.(That Devilish Spirit of Christmas, Diabolical Doctrine: Christmas Is a Biblical Christian Celebration & Diabolical Doctrine: The Keeping of Easter)
- God genees nog vandag, op Sy manier. Daar is nog goddelike genesing vandag, soos altyd (prys God!), maar diegene wie nie leer om met God se gebooie en wëe te lewe nie kan nie verwag om te floreer volgens Sy wil nie. (God Heals Today, His Way)
- God se leerstellings is van toepassing vir ‘n behoorlike lewe in alle gebiede – fisies, verstandelik en geestelik – sodat die mensdom kan lewe en voorspoed kan hê in al sy weë. Hoe ons God se skepping behandel hou kritieke gevolge vir ons in. Soos geskrywe is, "God vernietig diegene wie die aarde vernietig." (Back to Basics, Christian Physical Diet, The Perfect Diet, & Agriculture – Abel’s Occupation)
- Mans moet aantrek wat manlik lyk, en vroue wat vroulik lyk, met beskeidenheid. Hoof bedekkings is nie nodig nie, maar ‘n houding van blymoedige diens in onderdanigheid aan God se orde. Hy het die man die hoof van die vrou gemaak, maar die mens het al sy vrou gevolg vanaf die val van Adam. (The Vashti-Esther Transmutation, Submission According to God, & Diabolical Doctrine: Spouses Are Equal in Christian Marriage)
- Diegene wie in Christus is, is in die wêreld, maar nie van die wêreld nie. Om hierdie rede stem ons nie in die verkiesing van mense of voorstaan politieke stelsels as die oplossing vir die mens se probleme nie. Die enigste Oplossing is Jesus Christus en Sy Koninkryk, wat die rede is waarom dit geskryf is, "Laat U Koninkryk kom." Amen! (For Whom Do We Vote?, Why Do We Vote for Jesus Christ?, How Do We Vote for the Lord Jesus Christ?, & “Thy Kingdom, Come” – His Political Perspective)
- Die Here Jesus Christus het gesê dat daar baie valse profete en valse Christusse sal wees, en daar is. Baie verkondig ‘n valse evangelie gebaseer op ‘n "Jesus" wat die mens in hul eie korrupte beeld gevorm het. (The True Marks of a Cult, Diabolical Doctrines, & Mystery’s Message)
- Satan se mees kragtige wapen van verleiding is die liefde van die wêreld, wat as God se liefde voorgestel word. (The Lovely Essence of Satan, False Love – Satan’s Last Stronghold, & Mystery)
- Valse liefde stel ‘n valse "Jesus" voor, ‘n sapperige weergawe van God, om die "wraaksugtige tiran" van die Ou Testament te vervang. Hierdie is ewe verkeerde en onwerklike opvattings. God het nie verander nie, maar Hy was nog nooit soos wat die mens van Hom dink nie. "Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God!" (The Wrath of God, God and Violence, & Does God Speak Only Gentle Words?)
- God het Abraham en sy nageslag, die nasie van Israel, verkies om Sy volk te wees en om in Sy spesiale doeleindes te dien in die verlossing van die mensdom. (Israel and the Jew, veral Raising the Flag and Nation of Israel)
- Nie net het die beloofde Verlosser van die mensdom uit Israel gekom nie, maar Israel het as die Hoëpriester gedien wie Hom as die Paaslam geoffer het, Wie se bloed die mens van die dood red. (Israel, the Explanation for the Horrendous Contradictions You Suffer)
- Israel was verstoot omdat hulle hul God verwerp het, nie vir altyd nie, maar om sodoende die Goeie Nuus vir die res van die wêreld te bring. (Israel, Is Your God Unjust?)
- Versoening vir Israel en die Jode sal plaasvind wanneer hulle hul sonde in die moord op hul Messias erken (Sagaria 12:10). (The Key for Israel and the Jew)
- Die Here het gekom om te herstel wat gesteel, beklad, misbruik, en vernietig is, en Hy sal 100% suksesvol wees; wie kan Hom stop? (Taking the Land)
Vertaal in Afrikaans deur Henk Lendor
Translated into Afrikaans by Henk Lendor