Print Friendly, PDF & Email

Die Toestand en Lot van die Hel

Afrikaans – ChineseEnglishSpanish

‘n Leser het ons gevra om meer oor die Hel te verduidelik en gesê sy het gedink “diegene wie ongered is gaan daarheen.” Victor antwoord en sê:

Hallo Deborah,

Met betrekking tot die Hel, het goddeloses die onsigbare en onbekende geneem en dit as middel gebruik om mense te mislei en te bind om sodoende mag oor hulle uit te oefen deur mistisisme en vrees. Jy sal niks in die Ou of Nuwe Testament vind wat praat van ‘n ewige plek van letterlike, vurige marteling vir die goddelose nie.

Ek sal baie verse oor die Hel dek in hierdie antwoord aan jou. Weet dat die Hel ‘n toestand is so veel as wat dit ‘n plek is, wat die waarheid vir baie dinge is. Dit het ook baie vlakke of grade, volgens die behoefte van sy insittendes, beide in hierdie wêreld en die wêreld wat kom. Ons sal ook die Bybelse vure bespreek, siende dat Hel en vuur tesame geïdentifiseer, tóg misverstaan word in die Skrif.

God is in die Hel

As die Hel ‘n vlammende marteling is, hoe maak ‘n mens sy bed daar?

“Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk [Engels -Sheol, Hebreeuse woord vertaal ‘Hel’ deur KJV en ander vertalers], my bed, kyk, U is daar! “(Psalms 139: 8 AOV).

Die Psalmdigter het geleer dat alhoewel hy in duisternis, onrus en vrees was, God daar was.

Die mens sê dat God nie in die Hel is nie, maar dit is nie wat die Skrif leer nie. Daar is geen plek waar God nie is nie, en geen ding in die skepping waarvan Hy heeltemal afgesonderd is nie. Dieselfde mense wie Sy teenwoordigheid in die Hel ontken sê Hy is alomteenwoordig, dit wil sê, oral, en nêrens waar Hy nie is nie. Hulle weerspreek hulself. Hulle is reg as hulle sê Hy is alomteenwoordig, en dus verkeerd wanneer hulle sê Hy is nie in die Hel sowel as in die Hemel en op aarde nie.

En as God in die Hel is, hoe moet dit ‘n plek van eindelose, vurige foltering wees vir diegene wie Hy in Sy beeld gemaak het? Is hy ‘n sadis wat dit geniet om dié wie Hy liefhet so te sien ly? Is Hy een wie hom oorgee aan die wraaksugtige plesier van “Ek het jou gesê”? Nee, slegs diegene in die Hel (duisternis) leer sulke afskuwelike dinge oor God, ons Skepper, Wie Sy lewe vir ons afgelê het sodat ons elkeen op sy of haar regte tyd, tot Hom kan leef.

Die Aard van Geestelike Vure

Die Fariseërs, skrifgeleerdes, en hulle volgelinge was lede en verteenwoordigers van die Hel. Jesus het so gesê. Het hulle in vlamme rondgeloop?

“Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel, twee maal erger as julle self.”(Mattheus 23:15 AOV).

Hul tonge was instrumente van die Hel (Grieks, Gehenna, antieke Jerusalem se vullishoop vir die verbranding van vullis):

“Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die Hel aangesteek.”(Jakobus 3: 6 AOV).

Aan hierdie godsdienstige manne, het Jesus gesê: “Slange! Addergeslag! Hoe sal julle die oordeel [Grieks, krisis, veroordeling] van die Hel  [dal van Hinnom, ‘n vullishoop en plek in Jerusalem om vullis te verbrand]?”ontsnap ?”(Mattheus 23:33 AOV)

Waarvan  het Jesus gepraat? Hy het nie gesê dat hulle nie die Hel kon ontsnap nie, maar eerder die oordeel van die Hel. Hulle sal onderwerp word aan streng veroordeeling en gesuiwer word deur ‘n geestelike vuur, om al die afval weg te brand. Hel, nie die persoon nie, sal mee weggedoen word!

Het Jesus van ‘n fisiese of geestelike vuur gepraat toe Hy gesê het: “Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.” (Mark 09:49 AOV)?

Het die Hebreërs skrywer gepraat van die grootste segevuur waarvan een hom ooit kon voorstel toe hy gesê het: “Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ‘n verterende vuur.”(Hebreërs 12: 28-29 AOV)?

Is God ‘n letterlike, fisiese vuur?

” antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, Wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie-Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Sy skop is in Sy hand, en Hy sal Sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en Sy koring saambring in Sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.”(Lukas 3: 16-17 AOV).

ʼn “Vuur wat nie geblus word nie” (Mattheus 25: 41-46)? Is nie fisiese vure blusbaar nie? Ja, hulle is, maar die geestelike vuur van God moet voortgaan totdat die werk klaar is, daarom is dit onblusbaar.

Wanneer dit wat bedoel is om vernietig te word ophou om te bestaan, sal die vuur van God ophou om te bestaan, selfs soos in die natuur, ʼn brand ophou wanneer dit wat brandstof voorsien, verteer is. Die Skrif leer dat die Poel van Vuur die Dood, Hel, en al die struikelblokke in God se skepping sal verteer. Daardie dinge sal onbepaald nie voortduur nie.

Daar is diegene wie oor Sodom en Gomorra na Judas se woorde verwys om Hel en die ewige vuur  “te bewys”:

“Soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.” (Judas 1: 7 AOV).

Maar laat ons byvoorbeeld  Young se Literal Translation neem, en die bewoording sien wat ‘n meer akkurate vertaling van die oorspronklike Grieks is:

Soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wie op dieselfde manier hiermee, hulleself aan hoereerdery oorgegee en agter vreemde vlees aangeloop het, – eertyds as  voorbeeld voorgestel is– van ewigdurende vuur, geregtigheids lyding “(Judas 1 : 7 YLT – Engels na Afrikaans vertaal).

Is hierdie slegs ‘n kwessie van ‘n mens se mening, interpretasie en vertaling? Wat het Jesus van Sodom en Gomorra se einde gesê? Hier is dit:

” En almal wat julle nie ontvang of na julle luister nie, gaan daarvandaan weg en skud die stof onder julle voete af tot ‘n getuienis teen hulle. Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir Sodom of Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.” (Mark 06:11 AOV)

“Verdraagliker vir Sodom en Gomorra”? Het Hy bedoel dat in plaas van 350 grade C. (die temperatuur vir hout om te brand), Sodom en Gomorra se temperatuur verminder mag word tot 100 grade C. (kookpunt van water)? As Sodom en Gomorra tot in alle ewigheid in letterlike vlamme moet ly, hoe is dit dat dit meer draaglik vir hulle sal wees, tensy dit vir korreksie is, tensy daar geregtigheid en genade gaan wees, en tensy daar hoop op ‘n goeie en verdienstelike einde is? Maak dít nie sin nie?

Daar is diegene wie leer dat die verlore siele van die mensdom wie nie Christus as hulle persoonlike Verlosser bely het nie, onderwerp sal word aan ‘n vuur wat hulle vir ewig sal brand, met nóg die vuur of hul liggame, gefatsoeneer om ewige letterlike vuur te hanteer, onblusbaar.

Sou Jesus almal in ‘n letterlike vernietigende vuur dompel, spesiaal ontwerp om vir ewig te hou? Vir watter doeleinde? Watter doel sou dit dien buiten hoegenaamd niks nie? En as Hy van ‘n geestelike vuur gepraat  het (wat Hy gedoen het), sal almal daarin vernietig word, of sal net die “kaf” vernietig, maar die “koring” gered word?

1 Kor 3: 13-15 AOV
elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Jesus het gesê: ” Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!
“(Lukas 12:49 AOV)

Is dit ‘n fisiese vuur wat Hy stuur, of ‘n geestelike een – Sy Woord van waarheid?

“Is My Woord nie só, soos ‘n vuur, spreek die HERE, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?”(Jeremia 23:29 AOV)

Die dag het gekom, dat Jesus die reinigende, suiwerende vuur van die Heilige Gees sal stuur, soos Johannes belowe het:

Hand 2: 2-4 AOV
(2) En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
(3) Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.
( 4) En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Was daardie letterlike vlamme wat op die heiliges kom sit het? Kon ‘n mens gebrande hare, vleis en lap ruik  wat in rook opgaan? Het hulle die Jerusalem Brandweerdiens na die bo-vertrek ontbied?

Laat ons terugkom na Hel:

As die inwoners van die Hel daar vir alle ewigheid is ( ‘n ewige tyd, tyd sonder einde, soos ons die woord vandag gebruik), waarom lewer die Hel die dode op wat daarin is?

“En die see het die dode gegee wat daarin was, en die Dood en die Doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.”(Openbaring 20:13 AOV).

As die Hel vir ewig is, hoe dan word dit in die Poel van Vuur gewerp om vernietig te word tesame met die Dood?

“En die Dood en die Doderyk is in die Poel van Vuur gewerp. Dit is die tweede Dood.”(Openbaring 20:14 AOV).

Twee Dode

Daar is twee dode.

Die tweede Dood is dit wat uiteindelik wegdoen met alle euwel en die gevolge daarvan, insluitend die eerste Dood en Hel, wat dit doen deur middel van die Poel van Vuur. Wanneer die Dood weggedoen word in die Poel van Vuur, dan is Hel ook vernietig, soos die Skrif verklaar. So dan, hoe kan daar ‘n ewige Hel wees, soos die mens glo en leer?

Die eerste Dood is geestelike skeiding van God, ‘n gebrek aan gemeenskap met Hom, Wie die Lewe is, en wat Adam en Eva beleef het die dag toe hulle van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad geëet het.

“En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die Boom van die Kennis van Goed en Kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.”(Genesis 2: 16-17 AOV).

“Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak. “(Genesis 3: 6-7 AOV).

Hel kom outomaties met die eerste Dood. Adam en Eva het gesterf, en met die Dood het Hel gekom. Die Hel is nie slegs ‘n plek, soos wat algemeen voorgeneem word nie; dit is ‘n lewenstoestand, begin en gevestig in hierdie wêreld, hierdie lewe, hierdie sfeer.

In die eerste Dood het Adam en Eva selfbewustheid, onkunde, twyfel, vrees, swaarheid, mislukking, verlies, nederlaag, pyn, onberoulike droefheid, lyding, onsekerheid, skuldgevoelens, skaamte en oor die algemeen die onsekerheid van ‘n diskonneksie met God ervaar. Dit is die Hel. Kan jy daarmee vergelyk? Trouens, daar is beslis ‘n Hel en ‘n lyding in die Hel.

Dood en Hel gaan saam soos perd en wa, man en vrou, of voël en veer:

“En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die Dood, en die Doderyk (Hel) het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.”(Openbaring 6: 8 AOV).

Onthou dat Jesus Christus gekom het om weg te doen met die laaste vyand van die mensdom:

“Die laaste vyand wat vernietig word, is die Dood.” (1 Kor 15:26 AOV).

Alle mense is gebore in die eerste Dood van die moeder skoot af en woon in ‘n toestand van geestelike duisternis bekend as die Hel as gevolg van sonde:

“Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.” (Ps 51: 7 AOV).

Die Here Jesus Christus het Sy lewe afgelê het en dit weer opgeneem, om met die sonde en die eerste Dood weg te doen. Die wegdoening van die Dood is ook bekend as die tweede Dood.

Wat is die Hel?

Die Hel is ‘n toestand van duisternis en afmarteling in wisselende grade, een van vrees, gevangeskap, spyt, hopeloosheid, onsekerheid, gebrek aan sekuriteit, en soos ek gesê het, van skuld en skaamte. Die “weet glad niks” is die toestand van die dooies. Dit is die Hel.

Ons was almal in die Hel, en vir die meer goddeloses is daar groter grade of dieptes van die Hel:

“want U goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk [Hel] diep daaronder gered.”(Psalms 86:13 AOV).

“En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.”(Lukas 12: 47-48 AOV).

Is die Hel vir ewig en altyd? Indien so, waarom bring God uit die Hel uit op?

“Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk [Hel], en laat daaruit opkom.”

(1 Samuel 2: 6 AOV).

Jona was ook uit die Hel uit opgebring, waar hy vir ‘n tyd geplaas was, omdat hy geweier het om God te gehoorsaam:

“Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk [Hel / “Hades”] het ek geroep om hulp-U het my stem gehoor.”(Jona 2: 2 AOV).

Jona was “begrawe” in ‘n groot vis. Terloops, het die vis ‘n ontsteekte maag en sooibrand gehad?

Dit is waar dat daar ʼn vuur in die Hel is, die eienskappe waarvan ek beskryf het. Dit is ‘n geestelike een, en daardie vuur van God is nie net in die Hel nie; dit is oral om die Hel te vernietig en alles wat onstig. Soos die Here getuig:

“Want ‘n vuur is aangesteek in my toorn en het gebrand tot in die doderyk [Hades – nog ‘n Hebreeuse woord wat beteken” wêreld van die dooies, ‘vertaal’ Hel’], daaronder, en dit het die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.”(Deuteronomium 32:22 AOV).

Mense betree in hierdie lewe verskillende vlakke of vorme van die Hel en die Dood, soos byvoorbeeld wanneer hulle hulself onderwerp aan verteenwoordigers wie vernietig. Valse godsdiens is allegories voorgestel as ‘n owerspelige vrou , haar vrugte is die Dood en die Hel (Doderyk). Altyd so liefdevol, vernietig sy. Wysheid waarsku daarteen:

“Want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie, maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos ‘n swaard aan weerskante skerp. Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk [Hades/Hel], toe. Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet. “(Spreuke 5: 3-6 AOV).

“Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie. Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is. Haar huis is weë na die doderyk [Hel/Hades/Sheol],

wat afdaal na die kamers van die dood.”(Spreuke 7: 24-27 AOV).

Spreuke 9: 13-18 AOV
( 13) Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;
( 14) en sy sit by die deur van haar huis, op ‘n stoel op die hoogtes van die stad,
( 15) om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:
(16) Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:
( 17) Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
(18) Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk [Hel/Hades/Sheol] is nie.

Die dooies is in die Hel – die fisies dooies in ‘n fisiese graf (Hel), en die geestelik dooies in ‘n geestelike graf (Hel). Die graf staan bekend as die Hel (Doderyk / Sheol); weereens, die Hel is daardie plek van duisternis, begrawe of weggesteek van die lewendes. Sowel as ‘n “wagkamer,” Hel is ‘n geestelike gevangenis, ‘n plek of toestand van kettings van duisternis.

Die mens probeer om van God weg te steek in die Hel (Doderyk / Hades) en die Here verhinder hulle:

“Al dring hulle deur in die Doderyk [Hel],My hand sal hulle daaruit haal; en al klim hulle op na die Hemel, Ek sal hulle van daar laat neerdaal.”(Amos 9: 2 AOV).

Die mens en meeste lewende wesens kruip weg in duisternis, maar sal die mens probeer om in vlamme weg te steek? En as God die bose vir ewig met letterlike superwarm vlamme brand, sou Hy hulle uit die vlamme trek as hulle boos was? Hoekom sou Hy hulle nie daar los nie? Waar sou Hy hulle neem en hoekom?

Dit is waarlik Hel om vir God weg te kruip. In die Hel, ervaar ons bitterheid, selfbejammering, wrok, en haat. Ons voel selfsug, jaloesie, wraak, afguns, en begeerlikhede van die vlees. In die Hel, is ons in vyandskap met God, uiteraard, verset teen Sy wil. En in daardie toestand, is ons alreeds in kontak met die vuur van God, want Hy is al werksaam om weg te doen met die Dood en die Hel wat binne is. God sal nie ‘n mens vir ewig met sy selfvernietigende trante laat nie.

Klaarblyklik is die Hel/Doderyk nie wat die mens geleer het dit is nie. Dit geld sowel vir die Hemel: ” En al klim hulle op na die Hemel, Ek sal hulle van daar laat neerdaal ” Voorwaar, daar is baie meer geheimmenisse en verskillende betekenisse tot die  lewe, Dood, die Hemel en die Hel as wat die mens geglo en geleer het. En hierdie elemente is baie nader en baie meer betrokke in ons bestaan as wat ons besef het.

Die groot gedeelte van pyn wat die Here moes ly, was om die elemente van ‘n siel, gevind in alle boosheid, te beleef:

” Want Hy het Hom Wie geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. “(2 Kor 5:21).

Jesus het gesê Hy sal met die dooies spreek(diegene wie in geestelike duisternis, en afgesluit van God is), en hulle sal Sy stem hoor:

” Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe. Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê. En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. “(Johannes 5: 25-27 AOV).

Jesus het in die Hel neergedaal toe Hy gesterf het, die graf; selfs soos Dawid en Petrus getuig het, maar Hy was nie daar gehou nie. In plaas daarvan, het Hy die Dood en die Hel oorwin om ons ontwil:

Hand 2: 22-32 AOV
(22) Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasaréner, ‘n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet-
(23) Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring;
(24) Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.
( 25) Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie.
( 26) Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.
( 27) Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.
( 28) U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by U aangesig.
( 29) Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe.
( 30) Omdat hy dan ‘n profeet was en geweet het dat God vir hom met ‘n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit,
( 31) het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.
( 32) Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.

Petrus het verwys na Dawid se woorde soos geprofeteer van Jesus in die psalm ‘n duisend jaar vroeër: ” Want U sal My siel aan die Doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat U Gunsgenoot verderwing sien nie. “(Psalms 16:10 AOV).

Na Sy opstanding het Jesus aan diegene gepreek wie in Noag se tyd vergaan het, duisende jare vroeër, siele wie in die Hel was en wie dood was tot hierdie wêreld, soos Petrus ook verklaar:

1 Petrus 3: 18-20 AOV
(18)Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring-Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;
( 19) in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis [Hel],
(20) wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

Dawid het van die Hel (Doderyk/Hades) gepraat en ervaar in hierdie lewe. Was hy brandend?Hy het gesê:

” Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval. Bande van die doderyk [Hel] was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom. “(Psalms 18: 4-5 AOV).

Of Dawid óf ‘n ander psalmis, hierdie persoon weerhaal die ervaring van die Dood en die Hel in hierdie wêreld en God se verlossing daarvan:

“Ek het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge, want Hy het Sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep. Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind. Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel. Die HERE is genadig en regverdig, en onse God is ‘n ontfermer. Die HERE bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp. “(Psalms 116: 1-6 AOV).

Petrus praat van boodskappers geplaas in die gevangenis van die Hel:

Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die Hel (Tartarus [Grieks, Tartaros, die laagste vlak van die Doderyk of Sheol],gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel [Grieks, krisis, regstelling] in bewaring gehou te word; (2 Petrus 2: 4 AOV).

Is die Hel vir ewig?

Diegene wie ‘n ewige (altyddurende, nimmereindige) Hel verkondig , leer duidelik dat Hel die Omega is (Afrikaans “Z”), want impliseer daar geen einde daaraan is nie. Maar net van Jesus Christus word dit gesê dat Hy die einde van, of na, alle dinge is:

“Ek is die Alfa en die Oméga, die Begin en die Einde, sê die Here, Wat is en Wat was en Wat kom, die Almagtige. ” (Openbaring 1: 8 AOV).

“Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem [die Here s?], gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê: Ek is die Alfa en die Oméga, die Eerste en die Laaste,” (Openbaring 1: 10 11 AOV).

Oordeelsvure is Korreksie, nie Vernietiging nie

Wanneer die Here van die Hel praat, praat Hy nie daarvan soos wat die ongemene kwaksalwers en onkundiges dit uitgedink en geïnterpreteer het om te wees nie:

“Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg [regstelling];en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad [ ‘n raad vir korrektiewe vonnis]; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die Helse vuur [Grieks, Gehenna, ‘n vallei in Jerusalem wat gedien het as ‘n stads vullishoop vir die vernietiging van afval, figuurlik hier gebruik om die verbranding van die afval in ons aan te dui, soos onreg en ongevraagde woede, wat ons almal nodig het, maar nie vir altyd nie, net totdat daarmee weggedoen is]” (Mattheus 05:22 AOV).

“As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die Hel  [Gehenna] gewerp word nie. En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die Hel [Gehenna] gewerp word nie.” (Mattheus 5: 29-30 AOV)

Jesus praat nie van letterlike amputasie nie en, in hierdie konteks, praat Hy ook nie van letterlike liggame wat brand in letterlike vlamme van die Hel nie. Wanneer ons mekaar kwaad aandoen, en as ons volhard, word ons gestraf en onderwerp aan ‘n toestand van kwelling, waarvan sommige vermenigvuldigde skuldigheid en ander soorgelyke vrugte is, wat ons op ander opgelê het, totdat ons “ons les leer” en gereinig word van die kwaad wat ons gedoen het. Ons geeste en denkwyse word reggestel, nie net om beter te weet nie, maar ook om beter te doen. Slegs God kan dit aan en vir ons doen, en Hy doen so deur vuur:

“En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe (vernietig) in die Hel [vure van die Gehenna].” (Mattheus 10:28 AOV)

Wat is Vernietiging?

“Vernietig”? Ja! Hy is in staat om alles te doen, maar Hy wil nie hê dat sommige moet vergaan nie; Hy sal almal tot bekering bring, elkeen in sy volgorde. Maar daar is ‘n soort van vernietiging met elkeen. Ek was vernietig toe ek gered was deur Sy bloed deur ‘n nuwe geboorte. Ek was nooit weer dieselfde nie. Ek is nou ‘n nuwe skepsel;

“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword”. (2 Kor 5:17 AOV)

Terwyl sommige onderhewig is aan vure vir suiwering, is ander gevange in kettings van duisternis vir ‘n tyd tot ʼn oordeelsdag (regstelling), waarin hulle ook deur vuur gereinig sal word:

“En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die Doderyk [Grieks, Hades/ Hel – die ‘onsigbare’]. toe neergestoot word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe. Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou. “(Mattheus 11: 23-24 AOV)

Daar is egter nie die geringste sprake in die Skrif van ‘n tyd van marteling sonder einde, of van marteling ter wille van marteling nie, behalwe deur foutiewe vertaling van die Hebreeuse woord vir “tydperk”, “olam” en die Griekse woord vir tydperk, “Eon” , om “ewige” te beteken, ten einde godsdienstige leiers wie heidense leerstelling geglo het tevrede te stel, soos in “King James” se tyd.

Kapernaum van Israel was eens ‘n voorspoedige, aktiewe stad, wat, as gevolg van sy sondes, verwoes is in duisternis (Hades/Hel). Daar is geen aanduiding van letterlike, ewige brandende vlamme nie, maar mense sien hierdie dinge net omdat hulle valslik so geleer is. Kom ons hou by wat die Bybel sê en ignoreer wat mense vermoed of voorgee die Bybel sê, volgens die Helse leringe van die mens.

Die Poel van Vuur nie vir Ewig

Ook is die Poel van Vuur die Omega, nie ‘n einde op sigself nie, tensy Jesus Christus die Poel van Vuur is – wat Hy is – maar Sy werk op siele, en die Dood en die Hel is nie ewig soos Hy nie. Daarom, terwyl Hy voortgaan, eindig Sy werk. Ja, Hy is daardie onuitbluslike vuur wat nooit sterf nie (want onse God is ‘n verterende vuur- Hebreërs 12:29), tog sal die vernietiging van alle kwaad tot ‘n einde kom. Omdat die vuur vir ewig brand beteken dit nie dat daardie dinge wat gebrand word vir ewig sal duur nie. Daardie is ‘n teologies verkeerde en haatlike onderstelling wat baie maak.

Is daar nie geskrywe dat hierdie dinge sal verbygaan, en alles nuut gemaak sal word nie?

“En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.”(Openbaring 21: 4-5 AOV).

Die Poel van Vuur sal doen wat dit moet doen, totdat die werk gedoen is. Hoekom moet die dood mee weggemaak word, tog vir ewig in ‘n vuur voortduur? Hoekom moet dit so wees vir die Hel, of enigiets anders wat nie verlang of nodig is nie?

“En die Duiwel wat hulle verlei het, is in die Poel van Vuur en Swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word – tot die era van eras.” (Openbaring 20:10 YLT – Engels na Afrikaans vertaal).

Die Here praat van ‘n dag van oordeel. Die woord “oordeel” (Grieks, krisis) praat van “geregtigheid.” Is God se geregtigheid een van vernietiging of algehele veroordeling vir alle ewigheid van een geskep in Sy beeld? Is dit wat ons sien in die kruis van Jesus Christus? Is Hy nie in staat om dit wat Hy gemaak het te herstel of reg te stel en waarvoor Hy betaal het met Sy vlees en bloed, omdat dit herstelling nodig het nie? As Hy Homself uit die dood kon opwek, wat kan Hy nie doen nie?

Dit is geskryf en gesê dat niks onmoontlik is vir God nie, maar ek sê daar is een ding wat Hy nie kan doen nie, en dit is om te misluk. Om iets gebroke of bederf in die stads-vullishoop te skroot is ‘n besoedelings verlies en mislukking. As ʼn mens kan herwin en herstel, hoeveel te meer kan God nie? Om ‘n lewende siel tot onophoudelike vernietiging te veroordeel is niks minder as ‘n dramatiese getuienis van onskatbare mislukking nie. Ons het ‘n veel groter God as dit. Indien nie, moet ons na ‘n ander een soek.

Totale Oorwinning Versekerd

En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die Doderyk [Hades/Hel] sal dit nie oorweldig nie.” (Mattheus 16:18 AOV).

Waarvan het Jesus gepraat? Gaan Sy Liggaam, Sy Gemeente / Vergadering, die hekke van die Hel oorweldig? Ja! Maar as die Hel alles gaan oor ewige vlamme wat mense brand, wie nooit marteling sal ontsnap nie, hoekom sou die Kerk van God, Sy Liggaam, daarteen opgehits word? As dit gedoen en gedane is wanneer siele na die Hel gaan om vir ewig te brand, soos konvensionele godsdiens leer, dan watter punt sou daar wees? Wat kan die Liggaam van Christus moontlik doen? So moet ons glo dat die algemene nominale ortodokse opvatting van die Hel glad nie waar is nie.

So, wat sê Jesus? Hy sê dat wanneer die heiliges wie uit Sy Liggaam bestaan, teen die magte en posisies van die duisternis (Hel) kom, of as die magte van die Hel teen die heiliges, Sy Gemeente kom, die heiliges sal seëvier. Soos ons deur God gestuur is om deur die salwing van die Heilige Gees die waarheid met jou te spreek, sal die Hel nie in staat wees om jou vir ewig te hou nie. Dit geld vir almal wie in die grafte is (geestelike Hel) wie die stem van die Seun van God hoor. Hulle sal opkom en leef. Hel sal in sy greep verslaan wees, so sal die Dood ook oorwin word.

Lewe en verlossing is onvermydelik, want niks kan staan teen die grootste krag in alle bestaan nie, dit is die Opstandingskrag en Lewe van die Here Jesus Christus. Opstanding beteken neerlaag van die Dood, is dit nie? Die Dood en Hel staan nie ‘n kans nie. Deur die krag van opstandingslewe, is die gevangenis van die Hel oopgebreek en geplunder:

Jesaja 61: 1-4 AOV
(1) Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;
(2) om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;
(3) om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheerliking.
(4) En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag.

Verlossing, vernuwing, versoening, herstelling – dit is die plan van God vir Sy hele skepping:

” En dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis-ek sê deur Hom-die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele. ” (Kol 1:20 AOV).

” Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. Maar God Sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. ” (1 Kor 15: 55-57 AOV ).

As die Dood eens en vir altyd verslaan word, hoekom nie die donker, klam put van die Hel, wat met die Dood gekom het nie?

So jy sien, Deborah, dat die mens nie oor die Dood en Hel onderrig het soos hulle behoort het nie, en Jesus het nie die dinge gesê en bedoel, wat hulle gesê Hy gesê of bedoel het met betrekking tot die dood en die Hel nie.

Nog een ding: Wat van die verhaal van Lasarus en die ryk man en die melding van die Hel en vlamme?  Lees Die Ryk Man en Lasarus – ‘n Heidense Gelykenis. Selfs al was die storie van God, sou dit nie in die letterlike, maar in geestelike terme geïnterpreteer word, maar dit is nie ‘n storie van God nie, en maak ons ten einde ‘n saak daarvan.

Ek was daar in die hel, daardie geestelike gevangenis en graf, en was  geestelik dood, maar nie meer nie, want Hy het my Sy stem daar laat hoor en my teruggebring uit die dood. Jy is nog steeds daar, so is al diegene wie in ongeloof is, maar nou ken die Here jou die voorreg toe om Sy stem te hoor en uit die Dood en die Hel te kom, soos wat Hy ons gegee het. Hy het gekom om julle te verlos. Anders sou jy nie hier gewees en gepeins en navraag gedoen het oor die dinge van die lewe, hierdie vrae gevra, en ons sou jou nie geantwoord het nie.

Lees in ons artikel Die Wederoprigting van Alle Dinge.

Verwante onderwerpe:

Die Goeie Nuus
The Great Promise of the Lake of Fire and the Second Death
Die Doel van Euwel
Diabolical Doctrine: Never-ending Torment

Victor Hafichuk

 

The Precious Presence of Heaven      

‘n Leser vra, “Wat is die waarheid omtrent die hemel?” Wie kan hierdie vraag met kennis beantwoord behalwe iemand wie in die Hemel is, wetende daarvan deurdat verplaas was vanuit die Hel? Dit is ‘n kwessie van ervaring en openbaring.

Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments

Provide your email if you would like to receive periodic correspondence from us.



0
You can leave a comment herex
()
x